Main menu
Vroeë jare
Toe die eerste Trekboere in 1823 oor die Stormbergspruit getrek en hulle in die omgewing van die Buffelspruit (later Aliwal-
Die Frerebrug
Die brug is in 1881 voltooi en het as padbrug na die Vrystaat gedien tot 1937 toe die Hertzogbrug voltooi is. Voordat die treinbrug oor die Oranje voltooi is, is die treinspoor oor die Frerebrug aangelê en het die brug vir 'n kort tydjie beide as padbrug en treinbrug gedien. Na die voltooiing van die Hertzogbrug en die treinbrug is die historiese ou brug gesloop weens die gevaar wat dit vir die nuwe brug ingehou het. Die brughoof wat na die ou brug gelei het, is egter behou en toon nog die massiewe klipboë wat brûe van daardie tyd gekenmerk het.
Die Tolhuis
Die ou tolhuis van gekapte blokklip is in 1880 gebou deur Alcock en Webster, die bekende kontrakteur en klipwerker van Aliwal-
Die Kerkplein Museum
Die eerste N.G. Kerk was gehuisves in 'n rietdakgebou in Kerkstraat voordat Kerkstraat 'n deurloop-
Die ou Landdroskantoor en Poskantoor
Hierdie ou sandsteen-
De Wet-
Pieter Jacobus de Wet van Brandvlei naby Worcester, was die eerste intrekker. Hy en sy vrou, Hester Jacoba (nee Theron) van Tulbagh, het in 1828 hul hartbeeshuisie op die rantjie bokant die huidige Aliwal Spa gebou. 'n Nabootsing van die hartbeeshuisie is in die Kerkplein Museum gebou. 'n Oorspronklike moddersooi van 'n hartbeeshuis is in die muur ingebou. Toe die dorpsgebied in 1849 deur Sir Harry Smith geproklameer is, is Pieter De Wet se verblyfreg op Buffelsvlei erken deur 8 000 akker grond asook 'n servituut op 'n agste gedeelte van die Bronnewater aan sy weduwee toe te ken. Die fondamente van die watermeul wat De Wet op die leivoor uit die Bronnewater opgerig het, is vandag nog te sien. Die huidige opstal wat in 1889 deur Pieter se jongste seun David gebou is, is in 1970 deur familietrust in bewaring geneem en in 'n De Wet-
Aliwal Museum
Die museum is gesetel in die ou Aliwal Biblioteek wat in 1876 opgerig is en waar die bekende paleontoloog, Alfred (Gogga) Brown, bibliotekaris tot ná die Boereoorlog was. Die museum het 'n merkwaardige versameling foto's wat die ou geskiedenis van die dorp en die Bronne uitbeeld.Daar is uitstallings van 'n ou apteek, kombuisartikels, outydse kleredrag en seep. Daar is 'n paleontologie-
Die "Central Building"
Die gebou regoor die ou Landdroskantoor waarin die Doran's Apteek vandag gehuisves is, staan op die perseel wat in 1865 aan Godlieb Christiaan de Wet behoort het. In 1904 is die huidige gebou deur mnr. Surtee opgerig met materiaal wat meestal uit Engeland, Skotland en Amerika ingevoer is. Die onderste deel is as 'n winkelkompleks ingerig en die boonste vloer as 'n woongedeelte en later as kantore.Weens die besondere argitektoniese eienskappe van die stoep is hierdie gebou se voorkant nie afgebreek toe Somersetstraat verbreed is nie.
Die Eldré Apteek-
Die Eldré Apteek dateer uit 1890 en die gebou se sierlike gewels met kruike is 'n voorbeeld van die styl van daardie tyd.
OORLOGSMONUMENTE
Konsentrasiekamp-
Die monument is in 1980 opgerig om die 720 mans, vroue en kinders te gedenk wat in die konsentrasiekamp omgekom het. Die oorskot van die oorledenes is in 'n massagraf herbegrawe en die oorspronklike grafstene is in 'n gedenkmuur in die munument ingemessel. Hul name asook die name van vyf burgers wat in die kamp begrawe was, word op 'n ererol vermeld.
Konsentrasiekamp-
Gedenkstene is opgerig op die oorsponklike twee begraafplase van die konsentrasiekamp (foto) langs die Kraairivier. In die drie kampe vir Smithfield, Zastron en Rouxville is bykans 3000 vroue en kinders gedurende die Anglo-
Die "Garden of Remembrance"
In 1975 is alle Britse soldate wat in die Munisipale begraafplaas van Aliwal-
Bron: Aliwal Museum (150 Jaar)
Aliwal Museum -
Ms Madeleine Joubert -